Twee op-en-wakker polisiebeamptes het koperdiewe nie die kans gegee om weg te kom nie. Sers. Thabo Pitlele en sers. M.A. Mofokeng van die Viljoensdrift SAPD het ‘n verdagte wit Mahindra met Gauteng-registrasienommer opgemerk en die voertuig gestop om te deursoek.
Vier mans wat agterop die bakkie was, het toe die voertuig gestop is, dadelik die hasepad gekies. Die bestuurder van die voertuig en sy passasier is egter gearresteer en beslag gelê op ‘n bakkievrag met koperkabel met ‘n gesamentlike geraamde waarde van R153 550. Die vermoede is dat die kabel by die Wolwehoek treinstasie naby Zamdela gesteel is en aan Transnet behoort.
DIe twee verdagtes is tussen 29 en 61 jaar oud. Die mans verskyn vandag in die hof in Sasolburg.
You can read the full story on our App. Download it here.