‘n Jong seun van 18 jaar het Dinsdag 28 Desember ‘n tragiese waterdood gesterf in die Vaalrivier by die Weltevrede Country Resort buite Parys.
Volgens polisiewoordvoerder lt-kol Amanda Funani, is die oorledene en sy gesin van Fochville en het hulle die oord die dag besoek.
Funani sê ‘n jong kind se speelding was in die Vaalrivier en het die 18-jarige gehelp om die speelding uit die water te kry.
Die jong seun kon egter nie uit die water kom nie en is vergeefs deur die vader probeer om die seun te red. Die jonger kind is wel deur omstanders betyds uit die water gered.
Die polisie se hulp is ingeroep en het Sasolburg K9 Soek- en Redding en die Vrystaatse duikspan met die soektog na die 18-jarige gehelp. Sy liggaam is later deur polisielede uit die water gehaal.
Ons innige medelye met die familie van die seun
Die polisie het na die tragiese voorval weer opnuut mense gewaarsku dat die riviervlak tans hoog is na swaar reën en sluise wat by die Vaaldam oopgemaak is. Al is jy bekend met ‘n rivier, kan dit dikwels gebeur dat jy jou misgis met stroomversnellings.



