NewsNews

Parys se ongelooflike kleurvolle straatkuns – ‘n moet om te sien

Kom maak 'n draai in Parys en kom kyk self na die ongelooflike straatkuns wat jy hier sal sien.

Dankie aan elkeen wat die afgelope naweek vanjaar se Art Fectival en ArtDog Walk in Parys ondersteun het.

Ten spyte van die eendeweer wat besoekersgetalle beïnvloed het, was dit ‘n kunsbelewenis soos min, en word beplan om die geleentheid weer in April/Mei 2022 aan te bied.

Dankie aan elke borg en elke deelnemer en in besonder Deon en Karin TerBlanche vir al die reëlings wat bygedra het tot die naweek se sukses en al die ongelooflike kunswerke waarmee Parys voortaan sy besoekers kan verwelkom.

Die kunstenaars wat gesorg het vir hierdie ongelooflike werk is die talentvolle graffiti-skrywer Drake en sy span Top2 wat veral bekend is vir sy graffiti-kuns in Johannesburg en ook deel vorm van die Johannesburg graffiti-toere, asook die muurskilder Riot, en graffiti en straatkunstenaar Strange Harvest.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Foto’s: Met erkenning aan Deon TerBLanche, Facebook

 

Parys is nie verniet bekend vir sy kuns en kunstenaars nie. Die kleurvolle skilderkuns op mure in die dorp, maak ‘n besoek aan Parys, naas al die ander toerisme-aantreklikhede – beslis die moeite werd. Kom maak ‘n draai oor hierdie feestyd en kom kyk self hoe kunstig die brug oor die Vaalrivier by die Egweni River Lodge nou lyk, sowel as die kleurvolle muur by die BP-vulstasies in die dorp se hoofstraat, en die ongelooflike kunswerk op die Casa Cara-gastehuismuur soos jy die dorp inry van Sasolburg-kant.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button