NewsNews

Dis dalk nog nie die einde van lang poskantoorrye vir toelae nie

Dis dalk nog nie die einde van lang poskantoorrye vir toelae nie

Suid-Afrikaners het die afgelope twee jaar al gewoond geraak aan die lang rye voor poskantore vir die uitbetaling van die R350 noodtoelae wat deur die regering ingestel is vir armoede verligting met die Covid-19 pandemie.

Daar word verwag dat ‘n aankondiging oor die moontlike verlenging of selfs verhoging van die toelaag dalk met die begrotingsrede in Februarie gedoen sal word.

Daar word reeds  deur kenners bespiegel dat armoede wat met die pandemie grootskaals toegeneem het, die regering geen ander keuse sal laat as om die uibetalings van die toelae te verleng.

Tans ontvang ongeveer 9,5 miljoen mense hierdie toelae en sou dit vir nog ‘n jaar verleng word, kan dit die regering ‘n ekstra R40 miljard kos, berig Netwerk24. Daar is ook druk van veral vakbonde dat die regering ‘n basiese inkomstetoelaag moet daarstel om armoede te help verlig.    

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button