NewsNews

Landdros maan oor voete sleep met ondersoek

Die staat is weer Vrydag 12 Februarie oor die vingers getik oor ondersoekwerk wat steeds nie afgehandel is ná die dood van twee plaaswerkers, Samuel Tjixa en Simon Jubeba,  in die Weiveld-distrik in Januarie vanjaar. Landdros Pillay het met die verskyning van die vyf beskuldigdes, Boeta van der Westhuizen, Johan Cilliers Sr en sy seun, …

Die staat is weer Vrydag 12 Februarie oor die vingers getik oor ondersoekwerk wat steeds nie afgehandel is ná die dood van twee plaaswerkers, Samuel Tjixa en Simon Jubeba,  in die Weiveld-distrik in Januarie vanjaar.
Landdros Pillay het met die verskyning van die vyf beskuldigdes, Boeta van der Westhuizen, Johan Cilliers Sr en sy seun, Johan Cilliers Jr, Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo, in die landdroshof in Parys, die staat se versoek om uitstel toegestaan. Al vyf staan tereg op klagtes van moord.
Die vyf sal weer op 15 April in die hof verskyn wanneer die saak na die hooggeregshof verwys moet word, het Pillay gesê.
Die staat het aangevoer dat daar steeds gewag word op DNS-toetsuitslae en selfoon ontledings, en daar is nog verklarings wat afgeneem moet word.
Landdros Pillay het dit duidelik gemaak dat met die beskuldigdes se vorige hofverskyning ’n  maand gelede, ondersoekwerk ook nie afgehandel was nie. Sy het daarop gewys dat dit ’n baie ernstige saak is wat nie net in die dorp nie, maar ook landwyd en wêreldwyd opslae maak en spanning versoorsaak. Sy het daarom versoek dat daar nie langer uitstel toegestaan sal word nie. Sy het gesê dat sou die ondersoek met die volgende hofverskyning steeds nie afgehandel wees nie, sy die nodige stappe sal neem.
Al vyf is uit op borg van R5 000 elk wat verleng is. Kapt Henk Prinsloo is vroeër die week as vyfde beskuldigde tot die saak gevoeg.
Die saak spruit uit ’n  voorval op 6 Januarie vanjaar toe Boeta se pa, Loedie van der Westhuizen op sy plaas aangeval is en talle boere op die noodroep gereageer het. Die twee oorledenes is toe op ’n  buurplaas deur die boere inhegtenis geneem. Hulle was ernstig beseer en het aan hul beserings in die hospitaal beswyk.
Onderwyl die hofverrigtinge in ’n vol saal met groot media belangstelling aan die gang was, het ’n  groep ANC-ondersteuners, EFF-ondersteuners en ’n  klein groepie mense wat die boere ondersteun het, buite die hofgebou byeen gekom. ’n  Aantal motorfietsryers het elders in die dorp in ondersteuning vir die boere saamgetrek.
Dreunsang is onder beide die ANC en EFF groepe gehoor, terwyl die boere stil eenkant gestaan het – almal agter lemmetjiesdraad versprerrings. ’n  Klein groepie ANC-ondersteuners het later tartend na die draadversperring beweeg waar die boere-ondersteuners hul sang en danse met stilswye aangehoor het. Ook die EFF en ANC ondersteuners het op ’n stadium mekaar tartend weerskante van die lemmetjiesdraad uitgejou. Die polisie het deurentyd ’n baie sterk teenwoordigheid gehandhaaf buite, maar ook swaar gewapen in die hofsaal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button