
Vroegoggend het die sterte geswaai en is daar al blaffend van opgewondenheid die strate van Parys ingevaar vir die ArtDog pret wat deel was van ‘n naweek van kuns in verskeidenheid wat dié dorp sy inwoners en besoekers gebied het. Soos met die vorige ArtDog geleentheid was hierdie ‘n wenner vir die viervoete en hul eienaars.
‘n Prettige stappie vroegoggend met genoeg water en snoephappie stoppe, en selfs plek waar daar gou lyf natgemaak kon word.
En dan natuurlik die belangrikste – die kleurvolle pote pret in geel, rooi, blou, groen en wit. Oral kon die viervoet pootjies hul stempel afdruk langs die roete en as ‘n bonus het elkeen sy eie klein kunswerkie huis toe geneem.
Daar was vele pryse – die honde wat die stappie die meeste geniet het, die ‘outfits’ waarmee gestap is en vele meer.
Dankie aan elke deelnemer wat deel was van die pret, elke borg wat gesorg het vir die groot bederf en Deon en Karin TerBlanche vir die ongelooflike en prettige inisiatief. Dit was PURE POTE PRET!















