NewsNews

Soos n feëverhaal – ʼn onbeskryflike fees van lig

Onbeskryflik mooi - jy moet dit sien!!

Dit was n spanpoging soos min.  In Maart vanjaar is al begin met die voorbereidings vir n ongeloofliklike en onbeskryflike fees van liggies wat tans op die Abraham Kriel kinderhuis terrein in Potchefstroom gesien kan word.

Alles is self gedoen– van die ontwerp van die vorms tot die installering van die liggies. Die kinderhuisbestuur beplan die vorms en strukture van die liggiefees en die kinderhuispersoneel en kinders help regdeur die jaar om die strukture te bou en op te rig. Die ouer kinders wat tegnies meer vaardig is, help die meeste en voordat die fees vir die publiek open, kry die kinders eerste die kans om die fees te geniet.

En wat n fees is dit nie. Sedert die fees in 2016 die eerste keer aangebied is, is dit die mooiste ooit met heelwat nuwe liggieverrassings waaronder n Feëland-tema en gekleurde liggietonnel naas die nou reeds bekende liggietonnel.

Donderdag, 23 Desember om 22:00 eindig Abraham Kriel-kinderhuis se liggiefees amptelik en as jy dit nog nie vanjaar gesien het nie, is dit deur en deur die rit Potchefstroom toe die moeite werd!

 

 

 

Toegang is R25 per persoon vir volwassenes en kinders en die hekke is van 18:30 tot 22:00 oop.

Besoekers het al vanjaar van sover as Pretoria en Mbombela gery om die skouspel te sien. 2728. Daar word streng by die Covid-regulasies gehou en laat hulle nie meer as 2000 mense op een slag op die terrein toe nie. 

 

 

 

 

 

 

Op die feesterrein is daar genoeg sit- en eetplek vir al die besoekers en met al die heerlike eet- en drinkgoed op die spyskaart kan jy sommer piekniek hou terwyl jy die liggies bewonder. Daar is pannekoek, warm drinkgoed, kerrie-en-rys, boereworsrolle, ribburgers, wafels, koeldranke en alkoholiese drankies te koop. Kerke en welsynsorganisasies bedryf die eetstalletjies wat ook ‘n kans kry om ‘n ekstra inkomste te verdien. Daar is ook ‘n Kersmark wat vanjaar deel is van die fees.

Die liggiefees is een van Abraham Kriel-kinderhuis se grootste fondsinsamelingsprojekte. Geld wat tydens dié feestelike geleentheid ingesamel word, word aangewend om onder meer vir die 230 kinderhuiskinders beter gehalte kos te koop en vir ekstra akademiese klasse en sielkundige berading te betaal. Behalwe vir 2020 wat die liggiefees nie kon plaasvind nie, word dit nog elke jaar sedert 2016 aangebied

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button