NewsNews

Die toring is terug

’n Stukkie Paris terug in Parys

Die besondere Eiffeltoring-kunswerk van Julio Rossouw, wat lewensgetrou aan die ware Jakob in Parys, Frankryk lyk, het op 3 Desember weer permanent sy staan in die Vrystaatse Parys se hoofstraat gekry. Die Eiffeltoring is in November deur die kunstenaar verwyder, maar was dit daarna duidelik dat hierdie ’n groot toerisme-aantreklikheid vir die dorp was. Dit is sedertdien deur die gebou-eienaar van die kunstenaar gekoop.

Dié besondere kunswerk wat sowat 9 meter hoog staan, was vandat dit in Augustus 2019 deur Julio in die dorp opgerig is, een van die gewildste foto-aantreklikhede vir baie besoekers aan die dorp – of dit nou verliefde paartjies of gesinsfoto’s was. Vir baie die naaste aan dié bekende Franse eweknie wat daar, veral nou tydens die pandemie, gekom sal word.  

 

Die kunstenaar Julio Rossouw by sy besondere Eiffeltoring-kunswerk. 

Die Eiffeltoring is oorspronklik in Julio se tuisstad, Port Elizabeth, in vier stukke gebou en hier aanmekaargesit toe hy in 2019 ‘n ateljee hier geopen het. Vriende het ‘n miniatuur Eiffeltoring van 300mm hoog op ‘n stok gehou om die droom wat hy van die groter kunswerk gehad het, te kon visualiseer op die plek waar hy dit wou oprig. Die staalwerk het ses weke geneem om te voltooi. Julio doen abstrakte aluminium en metaal volkleur etswerke, en is ook ‘n baie talentvolle skilder.  

 

Hy het met die Covid-19 pandemie sy ateljee hier gesluit en is tans in Port Elizabeth gevestig. Julio vertel dat die medium waarmee hy werk nie foute toelaat nie, en is potte, spieëls en beelde van die prag kunswerke wat hy maak.  

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button