NewsNews

Koes-koes draf vir mangate wat loop

Koes-koes draf vir mangate wat loop

‘n Klompie drawwers en stappers is die naweek erg onkant gevang deur twee mangate langs die rivieroewer in Grewarlaan wat met die naweek se baie reën oorgeloop het. Dit was behoorlik koes vir dié gemors wat selfs oor die pad geloop het!

‘n Paar drawwers word onkant gevang met mangate langs die rivieroewer wat die naweek oorgeloop het. Foto’s: Annemarie Ferreira
 

 

 
Dit was nie net spruite wat die naweek oorgeloop het na die reën nie. Selfs die mangate langs die Vaalrivieroewer in Grewarlaan het oorgeloop.

Oor een van die mangate wat sporadies oorloop, is al ‘n maand gelede gekla, maar Saterdag was dit eens so erg op die andersins prag natuurskoon-roete. Die munisipaliteit is oor die naweek gevra om dringend hieraan aandag te gee.    

 

 

 

Related Articles

Back to top button