News

Potchefstroom een van 15 stede in Afrika wie se lug die skoonste is

Potchefstroom een van 15 stede in Afrika wie se lug die skoonste is

 

IQAir, ‘n Switserse maatskappy wat die luggehalte van lande en stede toets, het in hul 2020 Wêreld Lugkwaliteit Verslag statistiek vrygestel wat daarop dui dat 90% van Suid-Afrikaanse stede se lugkwaliteit in 2020 verbeter het.

 

IQAir, ‘n Switserse maatskappy wat die luggehalte van lande en stede toets, het in hul 2020 Wêreld Lugkwaliteit Verslag statistiek vrygestel wat daarop dui dat 90% van Suid-Afrikaanse stede se lugkwaliteit in 2020 verbeter het. Die verslag lui dat die meeste stede in Afrika met die minste lugbesoedeling in Suid-Afrika voorkom. Kaapstad, Gqeberha (Port Elizabeth) en Mokopane word gelys as die stede met die minste lugbesoedeling, gevolg deur Zinquinchor in Senegal, Mahikeng, Potchefstroom, Phalaborwa en Mombasa in Kenya. Lephalale (Ellisras), Luanda in Angola, Oos-Londen, Thabazimbi en Addis Ababa kom ook op die lys van 15 stede voor wat die minste lugbesoedeling het.

 

Wanneer jy egter na die groter geheel kyk, lyk die lug in Suid-Afrika egter minder suiwer. Die verslag dui aan dat Suid-Afrika een van die grootste besoedelaars in die wêreld is. In 2020 het slegs 4,9% van Suid-Afrikaanse stede die Wêreld Organisasie se doelwitte vir jaarlikse blootstelling aan lugbesoedeling nagekom. Suid-Afrika se energie is hoofsaaklik afkomstig van steenkool en ander fossielbrandstowwe wat 91% van die land se energievoorsiening uitmaak en is die grootste bron van omgewingspartikelbesoedeling, lui die verslag.

 
 

 

 

Related Articles

Back to top button