News

Potchefstroom een van 15 stede in Afrika wie se lug die skoonste is

Potchefstroom een van 15 stede in Afrika wie se lug die skoonste is

 

IQAir, ‘n Switserse maatskappy wat die luggehalte van lande en stede toets, het in hul 2020 Wêreld Lugkwaliteit Verslag statistiek vrygestel wat daarop dui dat 90% van Suid-Afrikaanse stede se lugkwaliteit in 2020 verbeter het.

 

IQAir, ‘n Switserse maatskappy wat die luggehalte van lande en stede toets, het in hul 2020 Wêreld Lugkwaliteit Verslag statistiek vrygestel wat daarop dui dat 90% van Suid-Afrikaanse stede se lugkwaliteit in 2020 verbeter het. Die verslag lui dat die meeste stede in Afrika met die minste lugbesoedeling in Suid-Afrika voorkom. Kaapstad, Gqeberha (Port Elizabeth) en Mokopane word gelys as die stede met die minste lugbesoedeling, gevolg deur Zinquinchor in Senegal, Mahikeng, Potchefstroom, Phalaborwa en Mombasa in Kenya. Lephalale (Ellisras), Luanda in Angola, Oos-Londen, Thabazimbi en Addis Ababa kom ook op die lys van 15 stede voor wat die minste lugbesoedeling het.

 

Wanneer jy egter na die groter geheel kyk, lyk die lug in Suid-Afrika egter minder suiwer. Die verslag dui aan dat Suid-Afrika een van die grootste besoedelaars in die wêreld is. In 2020 het slegs 4,9% van Suid-Afrikaanse stede die Wêreld Organisasie se doelwitte vir jaarlikse blootstelling aan lugbesoedeling nagekom. Suid-Afrika se energie is hoofsaaklik afkomstig van steenkool en ander fossielbrandstowwe wat 91% van die land se energievoorsiening uitmaak en is die grootste bron van omgewingspartikelbesoedeling, lui die verslag.

 
 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button