News

Selfverdediging – jy kan dit bemeester

Selfverdediging - jy kan dit bemeester

Selfverdediging is ‘n vaardigheid wat jy kan bemeester – of jy oud en krom is, jonk en soepel, of lank laas geoefen. Dit het dié Parysenaars onlangs bewys toe hulle ‘n selfverdedigingskursus onder leiding van instrukteurs Kobus Grobler en Sonja van Rhyn, voltooi het.

Die studente wat hul selfverdedigingskursus voltooi het, is voor van links: Zuhan Siecker, Monica Siecker, Anja Hattingh, Dalene Reynecke en Tilla Odendaal. Agter is Kobus Grobler, Soon van Vuuren, Jeanne du Toit, Carin Smith en Sonja van Rhyn. Iggie Verwey en Michelle Botha was afwesig tot die foto geneem is. Foto: Verskaf

Elkeen van die studente het met die twee maande kursus basiese selfverdedigingstegnieke geleer, of net weer hul kennis afgestof, wat in ‘n situasie van nood dalk net jou lewe kan red. Al onthou jy net ‘n paar selfverdedigingstegnieke, het jy reeds ‘n voorspring. Boonop is dit nie moeilik nie en verg ook nie besondere fiksheid nie,” sê Sonja. Die kursus word al vir etlike jare in Parys aangebied. Kobus en Sonja het met die kursusse begin omdat hulle mense met dié vaardigheid wou toerus in ‘n samelewing waar misdaad ‘n daaglikse realiteit geword het. Hulle sien dit as hul manier om ‘n positiewe verskil in die gemeenskap te maak. Die kursus is vir mans, dames en kinders. As jy belangstel om die volgende kursus by te woon, skakel Sonja by 082 327 4250.  

Een van die studente, Anja Hattingh, is beslis ook nie ‘n dame om mee skoor te soek nie. Sy het onlangs gegradeer vir haar geel gordel by die Budokai-karateklub. By haar is Sonja van Rhyn. Foto: Verskaf

   

 

Related Articles

Back to top button