
Moedergemeente Parys
’n Geloftediens sal Donderdag, 16 Desember, by die NG Moedergemeente in Parys gehou word. Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando sal om 09:15 die oggend ‘n kranslegging by die monument op die kerkterrein doen, waarna die feesrede en erediens gelei word deur ds. Fanie le Roux. Almal welkom.
Suikerbosrand Natuurreservaat
* Geloftefeesvieringe word ook Donderdag, 16 Desember, by die Suikerbosrand Natuurreservaat naby Heidelberg gehou. Verrigtinge begin om 10:15. Die erediens word gelei deur ds. Simon Hibbert van die Gereformeerde Kerk Koster.
Dewetsdrift
* Die jaarlikse Dewetsdrift Geloftefees word op 16 Desember weer by die 113 jaar oue Dewetsdrift Geloftefeesterrein net onderkant die Vredefort Koepel se westelike grens teen die Vaalrivier gehou. Voorsang is vanaf 09:00. Die erediens begin om 10:00 en word gelei deur past. Neville Goodchild. Die spreker is Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. Daar sal gratis boereworsrolle, gemmerbier en koeldrank wees. Bring indien moontlik jou eie stoel en/of kussing, sambreel en kollekte. Daar is amfiteater onderdak sitplekke vir ongeveer 120 mense. Genoeg braaigeriewe sal ook beskibaar wees vir die wat wil braai.
Lede in Christus
Die Lede in Christus Kerk in Parys se geloftediens sal plaasvind op 16 Desember om 08:00. Die kerk is geleë te Kortstraat 39.




