NewsNews

Ná halwe-eeu is trouring terug by eienaar

n 86-jarige vrou van Skotland het met die hulp van 'n man met 'n metaalverklikker, haar verlore trouring 50 jaar ná die tyd opgespoor.

‘n 86-jarige vrou van Skotland het met die hulp van ‘n man met ‘n metaalverklikker, haar verlore trouring 50 jaar ná die tyd opgespoor. Peggy MacSween (86) ‘n inwoner van Benecula het haar buurman, Donald MacPhee vertel hoe sy 50 jaar vantevore haar trouring verloor het, terwyl sy aartappels bymekaar gemaak het. Macphee, wat sewe jaar terug metaal opsporing as ‘n stokperdjie begin het, verduidelik dat sy buurvrou se storie hom geïnsipireer het. Volgens hom het na die plek gegaan waar die aartappellande was. Hy het vir drie dae gesoek en omtrent 90 gate gegrou voordat hy MacSween se ring gevind het. “Dit was nog in ‘n baie goeie toestand gewees, boonop het dit haar nog perfek gepas ook,” het hy aan The Gaurdian vertel. MacSween was geskok dat die ring ná al die jare weer gevind was. “Hy het bloot na die deur toe gekom, en gesê, ‘ek het iets om jou te wys’. Dit was my ring, ek kon dit nie glo nie, ek het nie gedink ek sal dit ooit weer sien nie,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button