CommunityNewsPhoto Galleries

Knap gedaan!

VEREENIGING. - Langrandweg in Sonlandpark lyk nou weer soos wat dit moet ... nadat SONRA en die DA saamgespan het en dié pad getakel het.

DA en inwoners red Langerandweg

VEREENIGING. – Langrandweg in Sonlandpark lyk nou weer soos wat dit moet … nadat SONRA en die DA saamgespan het en dié pad getakel het.
Lede van dié twee organisasies het op hulle eie onkoste geswoeg en sweet en siedaar, dis weer ‘n plesier om die pad te gebruik.
Altesaam 42 lede van die DA, SONRA, inwoners van Sonlandpark, Falcon Ridge en selfs Duncanville het dié klein wonderwerk laat gebeur.
“Ek is trots om ‘n lid van SONRA te wees. Ja ons betaal die munisipaliteit en dié projek sal dalk hul “image” skade doen, maar ek gee nie om nie,” sê een van die lede.
“Ons as lede van SONRA glo dat jy die verandering moet wees om ‘n verandering te sien. En dit is wat ons gedoen het.”
Almal wat Langrandweg daagliks gebruik kan dankbaar wees vir dié projek.
Daar was verskeie rolspelers wat ook agter die skerms gehelp het en koeldrank en ietsie te ete vir die werkers verskaf het. Wys net wat kan gebeur as ‘n gemeenskap saamstaan.
* Op 20 Februarie sal fase 2 van Langrandweg afskop. Indien daar mense is wat die projek wil ondersteun, sal dit waardeer word. Jy hoef nie ‘n lid van SONRA te wees nie. Kontak Nicholas by 082 437 7976 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button