Die Amerikaanse webtuiste, Rover.com, het onlangs ‘n opname gedoen om te kyk wat die gewildste hondename in 2021 is.
Wonder jy wat jy jou geliefde hondjie moet noem? Is dit dalk iets tradisioneel soos Fluffy, Wagter of Vlekkie of iets meer modern soos Vader, Oreo of Thor? Die Amerikaanse webtuiste, Rover.com, het onlangs ‘n opname gedoen om te kyk wat die gewildste hondename in 2021 is.
Volgens hierdie opname is Bella die bekendste naam vir ‘n tefie en Max vir ‘n reun. Sommige eienaars het ‘n buite-die-boks benadering gebruik en hondename uit huidige tendense gekies soos “Pfizer”, “Fauci” of “Zoom.”
In Suid-Afrika kan eienaars miskien hulle nuwe hondekinders “Cyril”, “Rassie” of “Tatyana” doop as ‘n mens na die nuusmakers vanjaar in ons land kyk! ‘n Mens wonder nogal wat die bekendste hondename in Parys kan wees?
*Laat weet ons gerus wat jou hond se unieke naam is en stuur ‘n foto na gazettenuus@gmail.com dan publiseer ons dit op ons webblad. Rover.com opname:
Top 10: Tewe
- Bella
- Luna
- Lucy
- Daisy
- Zoe
- Lily
- Lola
- Bailey
- Stella
- Molly
Top 10: Reuns
- Max
- Charlie
- Cooper
- Buddy
- Milo
- Bear
- Rocky
- Duke
- Tucker
- Jack
You can read the full story on our App. Download it here.