NewsNews

Bejaardes bring vreugde vir kinders oor Kerstyd

Bejaardes bring vreugde vir kinders oor Kerstyd

     

 

Die vindingrykheid en ywer van bejaardes van Sally Martin Park sal weer vanjaar vir talle kinders vreugde bring oor die Kerstyd. Dié bejaardes het vanjaar vir die Kindervreugde-projek 310 items gemaak – van komberse, truie en klere, tot pennesakkies en die oulikste speelgoed wat jaarliks die aandag trek met baie kreatiewe idees om kleingoed mee besig te hou.

Die items wat gemaak is sal vreugde bring waar nood is in die Parys- en Vredefort-gemeenskappe, en sal ook waar daar nog items oor is, versprei word na Sasolburg en die kinderhuis in Bethlehem waar veral gedurende die wintermaande gehelp word met komberse en truie vir die kinders.

Onder die 20 bejaardes van die tehuis wat vanjaar aan die projek deelgeneem het, was dit uiteindelik Margie Farre wat kon spog met die mees oorspronklike item, terwyl Christa Kreussell beloon is vir die mooiste item. Staatmaker Cathy du Plessis wat elke jaar help met die Kindervreugde-projek, het die prys ontvang vir die meeste items.

Vanjaar se pryswenners was Margie Farre wat kon spog met die mees oorspronklike item, Christa Kreussell wat beloon is vir die mooiste item en Cathy du Plessis (agter) wat die meeste items gemaak het.
 

Nie minder nie as 78 items is deur haar hande gemaak. Mense is baie welkom om wol en stopsel vir hierdie verdienstelike projek te skenk sodat dit weer volgende jaar in iets moois vir ‘n kinderhart omskep kan word. Skenkings vir die projek kan by Sally Martin Park afgegee word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

   

 

Related Articles

Back to top button