News

Sekspes wat eiendomsagente teiken gevonnis

Sekspes wat eiendomsagente teiken gevonnis

Nicolaas van der Merwe (36), die seksoortreder wat eiendomsagente landwyd geteiken het deur homself aan hulle te ontbloot en seksdade op video-oproepe te pleeg, is verlede week tot effektief ses jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy het net nadat hy einde September in hegtenis geneem is, skuld op 13 aanklagtes teen hom erken.

Van der Merwe het vrouens landwyd geviktimiseer deur hul telefoonnommers op die web te kry en daarna te bel. Van die eiedomsagente wat hy geteiken het, was ook van Potchefstroom. Dit was juis ‘n privaat speurder van Potchefstroom, Johan Botes, wat vasberade was om die seksoortreder vas te trek nadat ‘n skoolvriend hom genader het. Dié vriend se vrou het so ‘n oproep van die beskuldigde ontvang.

Hoewel Van der Merwe vroue landwyd van sover as Tzaneen en die Kaap geterroriseer het, was die meeste van sy slagoffers in Gauteng. Botes het sy eerste deurbraak in die saak gemaak toe ‘n vrou hom geïdentifiseer het as iemand wat saam met haar op skool was. Nadat hy genoeg bewyse ingesamel het, het hy die polisie in Gauteng se eenheid vir reeks- en elektroniese misdaad (SECI) genader om betrokke te raak. “Met die hulp van die kuberintelligensie-eenheid het die SECI vir Van der Merwe nagespoor, in hegtenis geneem en op sy selfoon beslag gelê,” sê Botes.

Met die ondersoek is daar met 25 slagoffers onderhoude gevoer. Van sy teistering het sover as vyf jaar gelede plaasgevind.  Een van die vrouens wat in die hof getuig het, was ‘n 47-jarige wat in Januarie 2021 voor haar man en kind so ‘n oproep van Van der Merwe ontvang het. Sy het getuig dat sy onder baie stres verkeer het, veral nadat haar man haar later van ‘n buite-egtelike verhouding beskuldig het.

Die hof het Van der Merwe se verlof tot appèl geweier. Hy was sedert 30 September 2021 in aanhouding en het nooit borgtog ontvang nie.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button