NewsNews

Geloftefeesvieringe: Donderdag, 16 Desember

Vier Geloftefees by Suikerbosrand Natuurreservaat

Die jaarlikse Geloftefeesvieringe word Donderdag, 16 Desember op die Geloftefeesterrein by die Suikerbosrand Natuurreservaat naby Heidelberg  gehou. Die verrigtinge begin om 10:15 na die perdekommando se verbyrit en die knal van die kanon. ‘n Inleiding tot die preek, Geskiedenisbedding, sal dan deur die voorsitter van die Feeskomitee, mnr. Jorrie Jordaan, gelewer word. Die erediens sal gelei word deur ds. Simon Hibbert van die Gereformeerde Kerk Koster. Gratis gemmerbier sal beskikbaar wees en koeldrank, water en kos sal teen billike pryse te koop wees. GPS koördinate vir die Suikerbosrand Feesterrein is: 26°32 48.6”S / 28°16’48.7Ë

Navrae kan gerig word aan Jakkie Jordaan by 083 941 0286 of Lemont Kriel by 084 511 4759.

Diegene wat van kamp hou, kan reeds Saterdag, 11 Desember vanaf 15:00 lekker om die braaivleisvure op die kampterrein kom kuier terwyl hulle na boeremusiek kan luister. Bring net jul eie stoele, eetgerei en vleisie. Pap en sous sal voorsien word.  Die terrein en geboue is baie netjies versorg en daar is kampgeriewe beskikbaar waar Geloftefeesgangers ten tyde van die Geloftefees verniet kan kamp. Die omgewing met sy rantjies is besonder mooi.  Die grond het oorspronklik aan Daniel Jacobus Strydom (1862-1929), ’n boer in die omgewing, behoort. Vir Daniel was die Gelofte en die viering daarvan baie belangrik. Om te verseker dat die Gelofte jaarliks hernu word, het hy die grond aan die Geloftefeeskomitee geskenk sodat die herdenking elke jaar daar kan geskied. Daniel is hier herbegrawe en ’n grafsteen is vir hom opgerig. Die eerste Geloftefees is op 16 Desember 1904 op die terrein gehou.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button