News

Festive Stocking Drive: Jou bloed kan iemand die geskenk van lewe gee

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het steeeds ‘n ernstige tekort aan bloed. Jy kan vandag help om ‘n verskil te maak en só vir iemand anders die geskenk van lewe gee. Die Bloeddiens se mobiele skenkerskliniek is vandag, Donderdag, 25 November, by die Hervormde Kerksaal (h/v Loop- en Paulsenstraat, Parys) vanaf 12:00 tot 18:00. Help die …

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het steeeds ‘n ernstige tekort aan bloed.

Jy kan vandag help om ‘n verskil te maak en só vir iemand anders die geskenk van lewe gee.

Die Bloeddiens se mobiele skenkerskliniek is vandag, Donderdag, 25 November, by die Hervormde Kerksaal (h/v Loop- en Paulsenstraat, Parys) vanaf 12:00 tot 18:00.

Help die Bloeddiens om 50 eenhede bloed in te samel om meer lewens te red hierdie Feesseisoen.

‘n Beroep word op alle skenkers gedoen, veral skenkers wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie, asook nuwe skenkers wat aan die minimum vereistes voldoen om die skenkerskliniek te ondersteun.

     

Related Articles

Back to top button