NewsNews

Kindermishandeling: Gebrek aan statistiek dra by tot teistering

Kindermishandeling: Gebrek aan statistiek dra by tot teistering

Kinderhuise kan daagliks van Suid-Afrika se “ander pandemie” getuig. Dit is ʼn pandemie van geweld teen en mishandeling van kinders. Volgens Gerda van der Merwe, hoof-uitvoerende beampte by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom (AKKN), word dit toenemend moeilik om maatskaplike dienswerkers se ervaring met kwaliteit en bygewerkte statistieke en syfers te bewys. Die afgelope jaar het die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom (AKKN) se opname van kinders wat aan mishandeling blootgestel is, verdubbel.

Childline South Africa het ʼn toename van 36,8% in kindermishandelingverwante verslae in 2019/2020 gerapporteer, terwyl ʼn UBS Optimus-studie in 2016 bevind het dat 82% van kinders een of ander vorm van viktimisering ervaar. Hierdie syfers dui op ʼn groeiende krisis, maar formele bygewerkte statistieke oor kindermishandeling ontbreek grootliks. Hierdie gebrek aan data is ʼn ernstige struikelblok vir die doeltreffende bekamping van kindermishandeling.

Sonder om die volledige prentjie van kindermishandeling te verstaan soos wat deur huidige statistieke verskaf behoort te word, is dit onmoontlik om behoorlik geteikende programme te implementeer en te meet. Die belangrikste redes vir hierdie gebrek aan data sluit in die onder aanmelding van kindermishandeling in die algemeen as gevolg van slagoffers se vrees en ‘n gebrek aan geloof in die strafregstelsel. “Childline se gerapporteerde toename in oproepe kan gesien word as die punt van ʼn ysberg, omdat baie kinders bang is om vir hulp uit te reik,” merk Van der Merwe op.

Verder onderskei SAPD-stelsels nie tussen misdade wat teen kinders en volwassenes gepleeg word nie – kindermishandeling resorteer onder verskillende kategorieë van misdaad eerder as om as ʼn aparte vorm aangeteken te word. Sy wys ook op die belangrikheid van opleiding van amptenare wat kinders kan help om die hoogs gelaaide aard van die openbaarmaking van mishandeling te hanteer. AKK Nylstroom se #BeskermOnsKinders-verslag wys op die behoefte om die probleme met die bekendmaking van mishandeling te temper.

“In ons verslag voer ons aan dat die suksesvolle vervolging van oortreders van kindermishandeling baie afhang van die SAPD se korrekte en doeltreffende reaksie op ʼn mishandelingsaak. Dit is dus noodsaaklik dat SAPD-stasies voldoende toegerus moet wees om behoorlik na slagoffers van kindermishandeling om te sien,” het van der Merwe gesê.  

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button