NewsNews

Vreugde van 16 wees ’n uitreik vir hulle in nood

Vreugde van 16 wees ’n  uitreik vir hulle in nood ’n  Sestiende verjaardag is iets om te vier, maar om ’n  partytjie van die hand te wys en in die plek daarvan iets vir iemand in nood te doen, gebeur nie aldag nie. Maar dit is wat Eulania Janse van Rensburg, ’n  graad 10 leerling …

Vreugde van 16 wees ’n  uitreik vir hulle in nood
’n  Sestiende verjaardag is iets om te vier, maar om ’n  partytjie van die hand te wys en in die plek daarvan iets vir iemand in nood te doen, gebeur nie aldag nie.
Maar dit is wat Eulania Janse van Rensburg, ’n  graad 10 leerling van die Hoërskool Parys vir haar 16de verjaardag wil doen.
Sy hou hierdie Saterdag 6 Februarie, ’n  paar dae voor haar 16de verjaardag, van 09:00 tot 14:00 haar partytjie voor Checkers (regoor die Palm Gate Pick ’n  Pay sentrum). Maar dit is geen gewone partytjie nie.  Hier is almal welkom. Geskenke ook, maar nie vir haar nie.
Wat Eulania wil hê is dat mense enige nie-bederfbare kos, klere en komberse (geen kontant nie) sal bring, en elkeen wat iets bring sal ’n  kolwyntjie (cupcake) kry.
Al die skenkings wat sy die dag insamel sal na waar  ookal nood in die Parys-gemeenskap is, versprei word.
Nadat haar pa, Lourens, Eulania se wens op ’n  Facebook blad geplaas het, het die blad teen Vrydag reeds meer as 800 mense gehad wat aangedui het dat hulle van die gedagte hou.
En daarom maak hulle met die hulp van Checkers gereed vir 800 kolwyntjies, en sou daar meer mense wees, sal daar gesorg word dat elkeen wat iets gee vir die projek, ’n  kolwyntjie kry.
Lourens vertel dat daar daagliks op Facebook mense is van wie jy lees wat nood ervaar. Ook by sy onderneming kry hy daagliks mense wat om hulp kom aanklop.
Met dit in gedagte het hy en sy vrou, Tania, hul kinders van jongs af geleer om ook te gee.
Die Parys-gemeenskap self is bekend daarvoor dat dit ’n  omgee-gemeenskap is, en sê Lourens dat hulle tot dusver nog net positiewe reaksie op Eulania se wens vir haar verjaardagpartytjie gekry het. Trouens van haar vriende en vriendinne wil ook die naweek help met die projek.
Lourens en Tania, asook Eulania se ouer suster, sal Saterdag haar met die projek ondersteun.
En as elke kind wat vanjaar 16 word ’n  soortgelyke omgee-projek in die gemeenskap aanpak – dink net hoe ver kan ons kom, sê Lourens.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button