Photo GalleriesSport

Hoop jy’s nou by die vliegveld of langs die roete vir dié aksie

Groot opwinding vir Toyota Gazoo Racing SA Parys 400

Motorsport entoesiaste van sover as Botswana is vandag in Parys vir die  South African National Cross Country Series (SACCS) wat vandag ‘n hoogtepunt bereik met die laaste en finale wedren in die reeks – die Toyota Gazoo Racing SA Parys 400, wat Saterdag, 20 November net buite Parys beslis word.  

Die wegspring- en eindpunt is soos verlede jaar by die Parys-vliegveld en toeskouers is welkom om die deelnemers hier, sowel as langs die roete te ondersteun. Gou spring daar behoort rondom 13:00 weer by die vliegveld weggespring te word vir die tweede rondte van die 350km wedren.

 

Nagenoeg 45 motors is in aksie wees, almal met professionele deelnemers en groot name in motorsport agter die stuur. Vanaf die vliegveld sal daar oor die Parys/Koppies-pad beweeg word af na Inlandsee en dan weer oor die Parys/Koppies-pad onder deur die N1 in die rigting van Weiveld. Van hier word daar verby die Weiveld Boerevereniging-saal beweeg, onder deur die snelweg en dan al langs die R59 terug tot by die Parys-vliegveld. Die roete strek oor 175km wat oor twee rondtes gery word, wat dan in totaal ‘n wedren-afstand van 350km is.

Die foto’s is met vanoggend se wegspring geneem. Foto: Liezl Scheepers, Parys Gazette

Die roete word jaarliks verander, wat beteken dat deelnemers nie vooraf bekend is met die roete nie. Die wedren behoort teen 16:00 afgehandel te wees wanneer deelnemers weer die eindpunt by die vliegveld bereik.

 
 

Onder die kosstalletjies is ook ‘n stalletjie van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum wat jy op hierdie manier kan ondersteun as fondsinsameling vir die sentrum. Dit is vanjaar reeds die vierde jaar dat Parys gasheer is vir die wedren, juis omdat die roete oor verskeie plase so gewild is onder renjaers. Maak seker jy mis nie die motorsport-aksie dié naweek nie!  

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button