
Eskom sal vanaand (Donderdag 18 November) om 21:00 fase 2 beurtkrag wat tans landwyd toegepas word, opskort.
Fase 1 beurtkrag sal dan Vrydag om 05:00 ingestel word wat na verwagting tot 21:00 Vrydag sal duur, maar bevestiging sal gegee word sodra die kragreus die aankondiging maak.
Onthou dat Parys weer om 16:00 vandag, Donderdag 18 November beurtkrag het, en geen beurtkrag vir Vrydag 19 November sou ons op fase 1 Vrydag bly.
Onthou egter dat Eskom te enige tyd tussen fases kan oorskakel wat tye mag beinvloed.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



