Het jy ookal hier by dié Eifeltoring in die kleine langs Breëstraat ‘n foto of twee geneem? Of sommer net gevoel jy’s in die Vrystaatse Paris as jy daar verbygery het?
Of jy in Parys kuier, deurry of bly, hierdie was ‘n gewilde “foto en selfie spot” Vanoggend is die Eifeltoring verwyder om sy heenkome elders te vind.
…maar die goeie nuus is dat daar voor die Parys Info-kantoor nog ‘n Eifeltoring in die kleine staan waar jy jou foto’s van ‘n besoek aan die Vrystaatse Paris deur die kameralens kan vasvang.