NewsNews

By Mooirivier Kersmark is jou Kersinkopies ‘n plesier

By Mooirivier Kersmark is jou Kersinkopies ‘n plesier

 

Diegene wat nog nie dié inkopieparadys beleef het nie, moet vanjaar die datums in hul oor knoop.

 

Die Mooirivier Kersmark vind vanjaar van 22 November tot 4 Desember plaas. Diegene wat nog nie dié inkopieparadys beleef het nie, moet vanjaar die datums in hul oor knoop. Die Kersmark word vanjaar vir die 13de keer aangebied.

 

By dié mark is daar meer as 90 uitstallers wat kwaliteit produkte onder een dak te koop aanbied. Hier ervaar jy vir die eerste keer dat jou Kersaankope nie ‘n foltering hoef te wees nie. Vergeet van moeë voete, min verskeidenheid en duur en impulsiewe besluite omdat jy net nie daardie spesiale Kersgeskenk kan kry nie.

Met meer as 90 interessante stalletjies kan jy nie leë hande weggaan nie. Foto: Verskaf

Hier is die keuses legio – opvoedkundige speelgoed, mansgeskenke, dekor-items, klere en bykomstighede en allerlei lekkernye. En wanneer jy tussendeur ‘n versterkinkie nodig het, is daar ook ‘n restaurant wat heerlike bekostigbare ligte etes, varsgebak en ietsie te drinke bedien.

 
 

Daar is saans vanaf 17:30 ook aandetes te koop wat huis toe geneem kan word.

Marktye is van Maandae tot Saterdae van 9:00 tot 20:00 wat werkendes ook ‘n kans gee om rustig rond te snuffel. Geskenkbewyse is regdeur die jaar beskikbaar en is te koop by die Gereformeerde Kerk, Potchefstroom-Oos in Paryslaan.
Vir enige navrae, kontak Adele Delport by (018) 290 7690 of stuur ‘n e-pos na kerkkantoor@oosdoppers.co.za  
 
 

 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button