Sport

Seges vir Orkney en Klerksdorp in NW Rolbal

Seges vir Orkney en Klerksdorp in NW Rolbal

Die welkome herlewing van rolbal by die Orkeney Rolbalklub, duur voort. Die jongste sege was die van Burnadine Muller en Suzette Linden in die Noordwes Rolal veterane parekampioenskap. Hulle het Woensdag by die Potchefstroom Rolbalklub (PCC) klaardespeel met die gerekende Zeerust paar van Moira Hill en Maro Nicolau. Die Zeerust paar het aanvanklik voorgeloop en was na die twaalfde kop gemaklik met 13-7 voor. Die Orkney kombinasie het die stang vasgebyt en sake was na die agtiende kop gelyk: 16 elk. Vier skote in die laaste twee koppe vir Muller en Linden het hulle as gouemedaljewenners van die baan laat stap:20-16.

 

Die mansfinaal was tussen twee spanne van die Klerksdorp Rolbalklub: Jan Theunissen en Danie Meintjies het te staan gekom teen Richard Harris en Willie Venter. Sake was baie gelykop met Theunissen en Meintjies wat ‘n klein voorsprong van 16-14 opgebou het maar puik spel deur Harris en Venter het die nodige drie skote gebring wat die sege met 17-16 na hulle kant toe laat kom het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button