NewsNews

Vrou gearresteer vir selfoonbedrog

Vrou gearresteer vir selfoonbedrog

 

Potchefstroom – ‘n 37-jarige vrou is Woensdag, 3 November in hegtenis geneem nadat sy vervalste dokumente verskaf het in ‘n poging om selfone by ‘n selfoonmaatskappy in Potchefstroom te steel.

 

‘n 37-jarige vrou is Woensdag, 3 November in hegtenis geneem nadat sy vervalste dokumente verskaf het in ‘n poging om selfone by ‘n selfoonmaatskappy in Potchefstroom te steel. Volgens ‘n polisiewoordvoerder  in die Noordwes, kapt. Sam Tshalanyane, het Desiree Ann Stehouwer die middag omstreeks 17:25 die betrokke winkel binnegegaan. Sy het voorgegee dat sy selfone namens iemand anders moes afhaal.

 

Die winkelassistent het vermoed dat die dokumente wat sy ingehandig het, vals is. Daar is ook navraag gedoen en vasgestel dat die eienaar van die ID-dokument nie vir die fone aansoek gedoen het nie. Die polisie is in kennis gestel en het Stehouwer by die winkel in hegtenis geneem. Sy het Maandag, 8 November op ‘n aanklag van bedrog in die landdroshof in Potchefstroom verskyn. Sy was steeds in aanhouding en moes vandag (10 November) weer vir ‘n formele borgaansoek in die hof verskyn.

 
 

Volgens Tshalanyane word Stehouwer ook met ander oortredings, waaronder die besit van gesteelde goedere en dwelms, verbind.

 
 
https://potchefstroomherald.co.za/96446/vrou-gearresteer-vir-selfoonbedrog/

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button