Die Parysenaars wat kon spog met medaljes is voor van links Lené van der Merwe (silwer do.13), Monya Siragopoulos (goud do.13) en Arno Hattingh (goud so.13). In die tweede ry is Anya Siragopoulos (silwer do.13), Karla van Heerden (silwer do.16), Dineke Koekemoer (silwer do.16), Adriaan Lewies (goud so.13) en Esther Goosen (silwer dames veterane). Agter is Elna Eybers (silwer dames veterane) en Johan Britz (goud mans veterane). Foto: Verskaf
Veertien spelers van Parys-ringtennisklub het Saterdag aan die SA Dubbel-kampioenskappe in Alberton deelgeneem. Tien van Parys se spelers het medaljes tydens die kampioenskappe verower. Skitter uitslae vir dié klub. Onthou ringtennis-oefening is Dinsdag en Donderdae om 17:00 by die NG gemeente Parys-Oos.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.