Photo GalleriesSport

Spelers van heinde en verre vir pyltjie-kragmeting

Spelers van heinde en verre vir pyltjie-kragmeting Die Palm Court-hotel Veerpyltjie Classic wat op 9 Januarie gehou is, was ’n groot sukses en spelers van sover as Johannesburg, Carletonville, Fochville, Vryburg en Klerksdorp het deelgeneem. Goeie pryse kon gewen word danksy die goedgesindheid van die borg. Die eerste wedstryd van die dag vir die skaapboud …

Spelers van heinde en verre vir pyltjie-kragmeting
Die Palm Court-hotel Veerpyltjie Classic wat op 9 Januarie gehou is, was ’n groot sukses en spelers van sover as Johannesburg, Carletonville, Fochville, Vryburg en Klerksdorp het deelgeneem. Goeie pryse kon gewen word danksy die goedgesindheid van die borg.
Die eerste wedstryd van die dag vir die skaapboud wat ’n  601 een been herinskrywing was, is deur 32 spelers ondersteun, en het G. Koertzen van Kroonstad sy slag gewys. Hy het Phillip Ross van Orkney 3-2 in die finaal gewen.
In die gemengde pare (een dame en ’n  man) het Amelia van Zyl en Ockert Grobler die beste presteer van die Parys spelers en is deur die Vryburg-paar C. en R. Erasmus, uitgeskakel.
Mitchel Minnie en M. Slabbert, albei gedugte spelers, het in die finaal klaargespeel met Estie Stoltz (Protea Speler), en haar man, Heinrich, wat die spanbestuurder was vir die Mans Protea-span met die afgelope Wêreldbeker in Turkye.
Die Junior-kompetisie waar seuns en dogters op ’n  gelyke vlak meeding, is deur die Protea-speler van Rustenburg, Zander Stoltz teen Ruddy Ross van Orkney met 4-3 gewen, nadat Ruddy in die kwarteindrondte vir Crystal Bezuidenhout van Stilfontein uitgeskakel het.
Die Dames Pare is deur die Protea-paar van Rustenburg, Estie Stoltz en Joey Kotze gewen nadat hulle teen Bella Louw van Parys en M. Slabbert van Carletonville gespeel het. Bella en haar jong pare-maat het egter goeie rekenskap van hulself gegee deur slegs met een been met 4-3 te verloor.
In die Mans Pare seëvier Ockert Grobler en Danie van der Merwe van Palm Court Parys teen R. Erasmus en A. Hefer van Vryburg deur die wedstryd verspot maklik te wen. Die telling was 4-1. Glen van den Berg en sy pa, Charles, het ongelukkig in die eerste ronde die onderspit gedelf teen die Vryburg-span. Rynard Malan en sy maat, M. Minnie, het dieselfde lot getref teen die Vryburgers in die semi-finaal.
Die Dames Enkels was ’n  Protea eindstryd met ’n huidige en gewese Protea-speler wat sake uitgespook het. Gewese Protea-speler Joey Kotze het Estie Stoltz gewen. Albei is van Rustenburg Impala Klub.
Amelia van Zyl (Palm Court Parys) vorder tot die laaste vier waar sy deur Joey uitgeskakel word in ’n  wedstryd wat wipplank gery het en enige kant toe kon gaan. Die telling was 3-2. Bella Louw was ook Joey se slagoffer in die laaste agt.
Die Mans Enkels word op ’n  verrassende wyse deur Jeff Waterman van Johannesburg gewen in sy spel teen G. Koertzen.  Koertzen was 4-1 voor toe Jeff die skroewe begin aandraai het om die volgende vier wedstryde te wen waarmee hy dan uiteindelik die wedstryd 5-4 in sy guns beklink het.
Rynard Malan, Hippo Louw en Ockert Grobler, Charles van den Berg en Danie van der Merwe het almal in die eerste rondte uitgeval met slegs Glen van den Berg wat die volgende rondte gehaal het.
180 Voltalle is behaal deur Leon Rusch (Potchefstroom), Mitch Minnie (Carletonville), Jeff Waterman (Johannesburg), Phillip Ross (Orkney), M. Coetzee (Vryburg) en G. Koertzen (Kroonstad).
Veerpyltjies word elke Donderdagaand by Palm  Court-hotel vanaf 19:00 gespeel. Luister ook elke Dinsdag om 16:45 na Koepel Stereo se veerpyltjie-program. 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button