NewsNews

Eskom: Twee gevang vir korrupsie en bedrog

Vooruitsig vir beurtkrag vir die week nog nie seker nie

Eskom-woordvoerder Sikonathi Mantshantsha, het bevestig twee werknemers van Eskom is Donderdag by die Tutuka-kragstasie in hegtenis geneem vir korrupsie en bedrog. Dit volg nadat toerusting en onderdele ter waarde R1,3 miljard gesteel en verkoop is, berig Netwerk24. Die enorme uitdagings wat Eskom die hoof moet bied het gister weer geblyk uit beurtkrag wat skiellik net voor 11:00 ingestel is, en daarna net so vinnig van fase 2 na 4 ge-eskaleer het.

Intussen is beurtkrag van vanoggend (Saterdag 6 November) weer terug na fase 2 tot Maandagoggend 05:00, maar wat die vooruitsig vir beurtkrag vir die week is, is steeds nie seker nie.

Naas probleme by verskeie opwekkingseenhede Vrydag 5 November, kon nuwe steenkool ook nie na die Kendel-kragstasie vervoer word nie, toe probleme by ‘n vervoerband onstaan het. Verlede week en vroeg vandeesweek moes Suid-Afrikaners hul ook staal teen beurtkrag, en is daar naas die enorme geldelike verliese en ongerief wat sakelui en gewone huishoudings moet verduur, ook misdaad wat floreer in tye wanneer die krag af is.

Gazette het vroeër vandeesweek berig oor die stygende aantal gevalle van oorhoofse kabeldiefstal en sabotasie by mini-substasies wat veral ook tydens beurtkrag in Parys gesien word.

Dit kos die munisipaliteit derduisende om die skade te herstel, en is verbruikers warm onder die kraag oor wie  moet betaal as daar skade is aan elektriese toerusting met krag wat knaend aan en af is.  

 

   

Related Articles

Back to top button