NewsNews

Eskom: Twee gevang vir korrupsie en bedrog

Vooruitsig vir beurtkrag vir die week nog nie seker nie

Eskom-woordvoerder Sikonathi Mantshantsha, het bevestig twee werknemers van Eskom is Donderdag by die Tutuka-kragstasie in hegtenis geneem vir korrupsie en bedrog. Dit volg nadat toerusting en onderdele ter waarde R1,3 miljard gesteel en verkoop is, berig Netwerk24. Die enorme uitdagings wat Eskom die hoof moet bied het gister weer geblyk uit beurtkrag wat skiellik net voor 11:00 ingestel is, en daarna net so vinnig van fase 2 na 4 ge-eskaleer het.

Intussen is beurtkrag van vanoggend (Saterdag 6 November) weer terug na fase 2 tot Maandagoggend 05:00, maar wat die vooruitsig vir beurtkrag vir die week is, is steeds nie seker nie.

Naas probleme by verskeie opwekkingseenhede Vrydag 5 November, kon nuwe steenkool ook nie na die Kendel-kragstasie vervoer word nie, toe probleme by ‘n vervoerband onstaan het. Verlede week en vroeg vandeesweek moes Suid-Afrikaners hul ook staal teen beurtkrag, en is daar naas die enorme geldelike verliese en ongerief wat sakelui en gewone huishoudings moet verduur, ook misdaad wat floreer in tye wanneer die krag af is.

Gazette het vroeër vandeesweek berig oor die stygende aantal gevalle van oorhoofse kabeldiefstal en sabotasie by mini-substasies wat veral ook tydens beurtkrag in Parys gesien word.

Dit kos die munisipaliteit derduisende om die skade te herstel, en is verbruikers warm onder die kraag oor wie  moet betaal as daar skade is aan elektriese toerusting met krag wat knaend aan en af is.  

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button