‘n Gedeelte van die R59 tussen Parys en Sasolburg moes gisteroggend gesluit word nadat die bestuurder van ‘n insleep-vragmotor wat ‘n ander vragmotor gesleep het, oënskynlik beheer verloor het en beide voertuie die pad verlaat het. Die ongeluk het net voor 08:00 Donderdag 4 November gebeur.


Paramedici het die drie insittendes van die twee vragmotors op die toneel vir ligte beserings behandel en is daarna per ambulans van die toneel vervoer.
Die R59 was teen Donderdagmiddag reeds weer oop vir verkeer.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



