NewsNews

Só gaan Ngwathe se munisipale raad nou lyk

Só gaan Ngwathe se munisipale raad nou lyk

Hoewel die volledige inligting van al die stempunte nog nie beskikbaar was met die plasing van die berig nie, en amptelike verkiesingsuitslae van die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) nog nie ontvang is nie, is alle aanduidings reeds dat die ANC sy meerderheid op Ngwathe se munisipale raad behou. Die ANC het 21 setels, die DA 7, die EFF 5, VF+ het 3 setels en die Ngwathe Residents Association (NgwatheRA) 1 setel.

Dit beteken die EFF en VF Plus het elk 2 nuwe setels bekom, terwyl die DA en ANC setels verloor het. NgwatheRA is nuut op die raad. Die vereniging is gestig net sowat 4 maande gelede nadat enersdenkende inwoners bymekaar gekom het om die organisasie te stig wat geen politieke verbintenis het nie, maar bestaan uit inwoners wat betrokke is in hul gemeenskap. Sedert hul registrasie in Julie vanjaar het onafhanlike kandidate by die organisasie aangesluit en hul in die onderskeie wyke verkiesbaar gestel.

 

 

Só het stempersentasies gelyk:

Die ANC het 15 678 wykstemme en 15 746 proporsionele stemme verwerf (55,6%), die DA 5 480 en 5 518 (19,21%), die EFF 3 676 en 3 807 (13,38%), die VF Plus 1 823 en 1832 (6,38%) en die NRA 751 en 734 (0,75%) stemme onderskeidelik. Landwyd het die VF Plus nadat 164 munisipliteite se uitslae bekend is gegroei van 62 setels in 2016 na 188 setels tans. Daar is ook ’n merkbare styging in steun vir die EFF

 

.  

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button