Photo GalleriesSchool

Só lyk Parys se matriek uitblinkers

Só lyk Parys se matriek uitblinkers

‘n Groot groep matrikulante van Hoërskool Parys is Donderdag, 28 Oktober by ‘n stylvolle toekenningsgeleentheid vir hul harde werk beloon.

Veertien leerders het halwe erekleure vir akademie ontvang, terwyl volle erekleure aan 18 leerders toegeken is. Sewe leerders kon spog met ses of meer onderskeidings.

Vanjaar se matriek toppresteerder en dux-leerder van die skool is Ciska Cilliers met sewe onderskeidings en die toppresteerder in vyf van haar vakke. Sy ontvang ook die skild vir die beste fisiese wetenskappe en wiskunde student, en die trofee vir die tweetaligste leerder. Hierbenewens het sy ‘n kontantbedrag ontvang as die beste fisiese wetenskappe en lewenswetenskappe student.

 

Ciska was ook in haar graad 7 jaar die Dux-leerder van Parys Primêre skool 

 

Ciska Cilliers, Dux-leerder vir2021 van Hoërskool Parys.

Boikanyo Likhete is tweede met agt onderskeidings en die toppresteerder in vyf vakke. Hy ontvang ook ‘n kontantbedrag as beste presteerder in rekeningkunde en wiskunde.

 

In die derde plek is Genevieve Croeser met ses onderskeidings en toppresteerder in drie vakke. Sy ontvang ook volle erekleure vir Afrikaanse Olimpiade, asook ‘n spesiale meriete-trofee. 

 

 

 

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button