News

Maak vol – jy gaan die duurste nóg vir brandstof betaal

Brandstofpryse styg om middernag.

Maak maar jou brandstoftenk vol voor midderdag, vandag Dinsdag 2 November, want van Woensdag 3 November sal jy die duurste nóg vir brandstof bestaal. Petrolpryse styg met R1,21 per liter, en diesel met R1,48 per liter.

Dit beteken dat in Gauteng sal petrol vir die eerste keer ooit meer as R19 per liter kos.

In rand en sent bereken sal ‘n 50 liter tenk petrol jou dus van Woensdag af net ‘n raps meer as R60 uit die sak jaag elke keer wanneer jy jou tenk volmaak, terwyl eienaars van dieselvoertuie R74 meer per tenk sal betaal.

Verbruikers kan ook verwag dat kos en ander klein- en groothandelspryse noodwendig sal styg as gevolg van die enorme brandstofstyging. Dit op die vooraand van die Desember-skoolvakansie en die feesseisoen. Gas sal voortaan R2,90 per kilogram kos en paraffien R1,93 per liter.  

 

 

 

Solidariteit het die interessante uiteensetting gemaak van die brandstofprys samestelling. Die pryse aangedui was egter voor die verhoging wat op 3 November in werking tree. Hiervolgens het reeds  meer as R6 per liter gegaan na die staat.  

 

 

     

Related Articles

Back to top button