News

Tannie Bettie se kruisie is getrek

Tannie Bettie se kruisie is getrek

 

Knap voor die horlosie Maandag 1 November die 3-uur slag sou slaan, was tannie Bettie reg om haar kruisie te trek. Op 99-jarige ouderdom mis tannie Bettie Theron van die Najaarsrus Tehuis vir Bejaardes nie ‘n enkele nuusbulletin nie.

Toe die dag aanbreek vir die landwye munisipale verkiesing, was sy vroegdag al ‘opgedress’ want stem wou sy stem en nie met ‘n tuisbesoek of spesiale stem nie. By die stemlokaal self.  

 

 

 

 

 

 

Sy kan nie onthou in hoeveel verkiesings sy al gestem het nie, maar terg goedig toe haar foto  geneem word oor hoeveel keer sy al die koerantblaaie op haar jare gehaal het. Maar om te stem is jou trots sê sy dan op ‘n ernstiger noot. “Ons moet stem”, en wys ewe trots haar duim – sy het haar kruisie getrek!  

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button