NewsNews

Braaivleisvure brand by van die stemlokale

Kiesers staan al vroegdag tou by stemlokale

Terwyl sommige traag was vir die vroeg opstaan op ‘n vakansiedag en planne gehad het vir ‘n luilekker dag tuis, was daar ook diegene wat vroegdag uit die vere was om hul kruisie te gaan trek. Toe stemlokale vanoggend, Maandag 1 November om 07:00 oopgemaak het, was daar al kiesers by meeste stemlokale, en het daar ook by meeste stemlokale in die dorp teen na 10:00 vanoggend steeds kort rye gestaan voor die stemlokale.  

Kiesers wat voorheen by die stadsaal gestem het, stem nou by die Form-gebou

Onthou dat stemlokale nog oop is tot 21:00 vanaand. Jy moet jou ID dokument en masker saambring. Onthou ook dat jy slegs by die stemlokaal mag stem in die wyk waar jy geregistreer is. Die afgelope naweek het mense wat vooraf geregistreer het vir spesiale stemme, die geleentheid gehad om hul stemme te kon uitbring. Dit het gegeld vir mense wat nie op stemdag, 1 November, by hul stemlokale sou wees nie, asook mense wat nie by ‘n stemlokaal kon kom nie weens ouderdom en gesondheidsredes en wat vooraf geregistreer het om tuis te kon stem.

Ongelukkig het sommige bejaardes die sperdatum vir registrasie vir spesiale stemme gemis. Die meeste stemlokale wat Gazette vanoggend besoek het, het op tyd oopgemaak en het die stemproses vlot verloop. Daar was selfs stemlokale soos by die NG Wes-kerksaal waar die geur van heerlike gebraaide wors swaar in die lug gehang het. Die stemlokaal is al oor jare bekend vir die heerlike pannekoek en worsbroodjies op stemdae.  

 

Die lekker kosstalletjies het al oor jare deel geword van die NG Wes-stemlokaal. 

 

By die Wes-Kerk het daar teen 08:45 reeds 142 kiesers hul kruisies getrek.

 

 

 

 

 

 

 

By die biblioteek was daar 136 kiesers tussen 07:00 en 09:00 vanoggend. 

By die tent oorkant die hospitaal het daar teen 11:00 vanoggend 125 mense gestem.   

Die polisie het deurentyd ‘n wakende oog gehou by stemlokale en was OVK-beamptes by die stemlokale wat besoek is vriendelik en behulpsaam. 

 

     

 

 

Related Articles

Back to top button