NewsNews

Bloeddiens bekommerd oor skenkersgetalle

Jou bloedbydrae kan 'n verskil maak

 

*Word deel van ‘n lewensreddende inisiatief #skenker100 en skenk bloed in Parys vandag*
Jy kan vandag ‘n verskil maak vir iemand in nood. Ondersteun die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se mobiele skenkerskliniek by Checkers by die Parys Boulevard sentrum.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het vroeër vandeesweek al gewaarsku dat bloedvoorraad kritiek laag is en skenkersbydraes baie min, ook in Parys.
Met Donderdag se bloedskenkkliniek kon net 23 van die verwagte 50 eenhede bloed ingesamel word. Dankie aan elkeen wat wel ‘n bydrae gelewer het.
Daar word egter ‘n beroep gedoen op alle skenkers, veral skenkers wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie, die jeug,  en nuwe skenkers wat aan die minimum vereistes voldoen, om asseblief die tyd te neem om bloed te skenk.
Maritia Jordaan waar sy Donderdag haar bydrae vir die bloeddiens gegee het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button