Meisies by dam met mes gedreig, vasgebind
Potchefstroom Herald berig dat die polisie klagtes van menseroof ondersoek nadat 4 meisies in hul twintigs op Saterdag 23 Oktober, tydens ‘n piekniek langs die Mooirivier in Potchefstroom deur ‘n man met ‘n mes gedreig en toe vasgebind is. Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het bevestig dat die voorval om 13:20 naby …

Potchefstroom Herald berig dat die polisie klagtes van menseroof ondersoek nadat 4 meisies in hul twintigs op Saterdag 23 Oktober, tydens ‘n piekniek langs die Mooirivier in Potchefstroom deur ‘n man met ‘n mes gedreig en toe vasgebind is.
Terwyl hulle weg was, het een van die vriendinne losgekom en haar ma geskakel wat Mooirivier Beskerming geskakel het vir hulp. Nadat die sekuriteitsbeamptes die sekuriteitskameras op die Bult dopgehou het, is die man se voertuig opgemerk. Die meisie het die geld getrek, maar voor sy dit aan hom kon oorhandig, het die sekuriteitsbeamptes op die man toegeslaan en hom in hegtenis geneem. Hy is later aan die polisie oorhandig. Behalwe vir skraapwonde is die meisies nie beseer nie. Motshabi het Maandag in die Potchefstroomse landdroshof op ‘n aanklag van poging tot roof en vier aanklagtes van menseroof verskyn. Hy verskyn weer Vrydag 29 Oktober voor die hof vir ‘n formele borgaansoek en bly in aanhouding tot dan.





