NewsNews

“Hierdie was nie net rukwinde nie – dit was soos ‘n tornado!”

Skool se dakplate hang in bome

“Hierdie was nie net ‘n rukwind nie – dit was soos n tornado! “

Dit was die woorde van onderwysers van die Sarel Cilliers Gekombineerde Skool in Koppies nadat hulle vanoggend die verwoesting gesien het wat in oomblikke gistermiddag (Maandag 25 Oktober) tydens ‘n wind- en reënstorm aangerig is.

Sinkplate hang in bome en lê saam met houtbalke oral op die skoolterrein – opgefrommel. Voor die saal op die speelterrein, voor die personeelkamer, in ‘n hoop by die Graad R-klas. Oral is die skade sigbaar.  Die graad R en graad 11 klaskamer se plafonne is uit.

Ruite is stukkend. Alles is nat. Die sangklas en ‘n kantoor op die terrein se dakke is af en stukke daarvan lê oral, selfs teen die motorafdakke.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Skade wat nie in ‘n dag reggemaak sal kan word nie.

 

 

Foto’s in hierdie berig met erkenning aan Monique Terblanche.

 

Die departement van onderwys sal vanoggend die skool besoek om ‘n opname van die skade te doen, maar intussen is die kinders tot verdere kennisgewing nie by die skool nie, en oor twee weke moet daar begin word met die eindeksamens. Enorme skade en ontwrigting vir die skool.

‘n Totaal van 28mm reën is gister net buite Koppies gemeet.  

 

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button