NewsNews

Padpredikant uit sy gat gehelp

Padpredikant uit sy gat gehelp

     

Nadat die Gazette die naweek berig het oor die stopteken in Waterstraat naby die Klipspruit Mall wat net-net kop bo water gehou het nadat sy paal  in ‘n gat weggesak het, is die padpredikant vanoggend (Maandag 25 Oktober) vroeg uit die gat gehelp deur lede van AfriForum Parys.

AfriForum se plaaslike tak het dadelik oor die naweek op die berig op Parys Gazette se web- en Facebook-blad gereageer en onderneem om die stopteken vandeesweek nog te herstel.  

 

 

Die gat waarin die stopteken ingesak het, is veroorsaak nadat herstelwerk vroeër hier deur die munisipaliteit  aan ‘n waterlek gedoen is. Dankie aan AJ Lock & Key en Ntsu wat bygedra het vir die materiaal om die gat te kon toemaak, en AfriForum-lede wat gratis die herstelwerk gedoen het.

 

 

 

 

   

 

 

Foto’s verskaf deur AfriForum Parys

 

Dit is ook AfriForum lede wat al verskeie verbleikte en afwesige stoptekens in die dorp vervang het wat ‘n groot gevaar vir motoriste skep. As jy weet van afwesige stoptekens laat weet asseblief die adres sodat werk gemaak kan word hiervan.  

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button