News

Katarakte: Een van die grootste oorsake van blindheid

Katarakte: Een van die grootste oorsake van blindheid

Katarakte is een van grootste oorsake van blindheid in Afrika en tragies genoeg is dit voorkomend.  

 

Katarakte veroorsaak dat jou visie geleidelik verdof weens verskeie redes. Veroudering is een van die hoof oorsake. Min of meer van 50-jarige ouderdom af kan jy al ‘n katarak ontwikkel. Vir diabetiese pasiënte is die kans op katarakte nog groter en mag jy selfs op ‘n jonger ouderdom al katarakte ontwikkel.

Soms as jy ‘n harde hou teen die oog kry, of in ‘n ongeluk was, kan ‘n traumatiese katarak ontwikkel, en word die oog amper onmiddellik dof. Sekere medikasie en rook kan ook katarakvorming aanhelp.

Wat is ‘n katarak en wat nie?

‘n Katarak is nie die rooi vliesie wat jy soms op jou oog sien wanneer jy in die spieël kyk nie. Dit is ook nie ‘n kolletjie wat heeltyd voor jou oog beweeg nie.

Wat is ‘n katarak?

Agter die kleur van jou oog is ‘n deursigtige lens. Die lens se weefsel is sag en lig kan regdeur beweeg. Soos wat ons ouer word, verander die struktuur van die lens weens sekere proteïne wat opbreek en word hierdie lens geleidelik ondeursigtig en ook ligbruin of selfs bietjie geel. Vroeër jare het mense gepraat van die oog maak ‘n pêrel. Dit is hoe die oog ook lyk as mense té lank vat om ’n katarak te verwyder.

Wanneer vermoed ek onraad?

1. Vermoed onraad wanneer dit voel of jou bril vuil bly al maak jy hom skoon.

2. Nagbestuur word ook ‘n nagmerrie wanneer ‘n mens ‘n katarak het, want lig skiet oral in die oog rond.

 

 

3. Wanneer jy ‘n ekstra spookbeeld begin sien en dit amper dubbel voorkom is dit ook ‘n teken dat daar ‘n katarak is wat pla.

4. Kleurpersepsie word verander weens die verandering van die lensstruktuur.

 

 

Wanneer jy enige van bogenoemde ervaar gaan sien jou oogkundige.

In die verlede moes mense wag dat die katarak ‘ryp’ word. Tegnieke vir verwydering van katarakte het intussen heeltemal verander en kan dit baie vinniger verwyder word. Tydens die prosedure sal die oogspesialis jou natuurlike lens uithaal en vervang met ‘n kunsmatige lens.

Dit is een van die operasies met die minste komplikasies en kan die kwaliteit van jou lewe drasties verander. Mediese fondse sien dit as ‘n noodsaaklike operasie.  

   

Related Articles

Back to top button