NewsNews

Parys se parkrunners doen hul deel vir die dorp

Parys se parkrunners doen hul deel vir die dorp

Nie net bring die dorp se parkrun talle parkrun toeriste as besoekers na die dorp nie, maar is dit ook parkrun vrywilligers wat week na week sorg dat die parkrun roete langs die Vaalrivier-oewer skoongehou word. Mense wie geen vergoeding ontvang nie, maar wat hul liefde vir parkrun uitleef met meer as net hul deelname. Die afgelope naweek het 77 parkrunners aan die Egweni River Lodge parkrun deelgeneem, en sal die Ngwathe munisipaliteit nou sy kant moet bring om aandag te gee aan ’n mangat in Grewarlaan wat gereeld oorloop. Die mangat deksel is skeef en wil dit lyk asof die grond om die mangat insak. Die mangat is langs die parkrun-roete.

 

Só word daar elke week deur vrywilligers skoongemaak langs die roete vir die weeklikse parkrun. Foto: Verskaf

 

Die mangat langs die roete wat sporadies oorloop, sal egter dringende aandag van die munisipaliteit moet kry. Mangate wat oorlop skep gereeld probleme in die dorp soos wat verlede week ook in die nywerheidsgebied van Parys gesien is. Foto: Verskaf

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button