NewsNews

Vrou sterf na haar bromponie met vurkhyser bots

Vrou sterf na haar bromponie met vurkhyser bots

‘n Ma in haar 30s van Carletonville is vanoggend dood na haar bromponie met ‘n vurkhyser gebots het.

Paramdedici van ER24 en die Gauteng noodmediese dienste het op 11:10 op die toneel aangekom en die vrou in die pad gevind. Sy het ongeveer vyf meter weg van haar bromponie gelê na sy deur die impak van die botsing afgeslinger is.

Ongelukkig het sy reeds as gevolg van veelvuldige beserings gesterf en paramedici kon niks meer vir haar doen nie.

Die bestuurder van die vurkhyser is nie beseer nie.

Lees die oorspronklike berig hier:

https://carletonvilleherald.com/51244/vrou-sterf-na-haar-bromponie-met-vurkhyser-bots/

Related Articles

Back to top button