Henk Small (8ste plek nasionaal) vir graad 7 by die Artistatue Redenaars-kompetisie vir voorbereide redenaars, en Vivienne van der Schyff (4de plek nasionaal) vir graad 6 leerders in dieselfde kompetisie. Foto: Verskaf
Vivienne van der Schyff, ‘n leerder aan Parys Primêre skool, het die uitmuntende prestasie behaal deur as nasionale wenner vir graad 6 bekroon te word vir vanjaar se Radikale Redenaars-kompetisie. Hierbenewens behaal sy ‘n 4de plek nasionaal vir graad 6, en Henk Small ‘n 8ste plek nasionaal vir graad 7, by die Artistatue Redenaars-kompetisie vir voorbereide redenaars. Henk is ook ‘n leerder aan Parys Primêr.
Diaan Brink en Megan Daniel het in die Afrikaans voorbereide afdeling vir graad 10-leerders aan die nasionale Artistatue-Redenaars-kompetisie deelgeneem waar Megan ‘n skitterende derde plek nasionaal, en Diaan ‘n 5de plek nasionaal behaal het. By die nasionale Radikale Redenaars-kompetisie vir Afrikaans Lees graad 10 leerders, het Diaan ‘n sesde plek in die land behaal. Albei is leerders van Hoërskool Parys.
Henk Small (8ste plek nasionaal) vir graad 7 by die Artistatue Redenaars-kompetisie vir voorbereide redenaars, en Vivienne van der Schyff (4de plek nasionaal) vir graad 6 leerders in dieselfde kompetisie. Foto: Verskaf
Diaan Brink en Megan Daniel wat met skitter uitslae gespog het na afloop van die Artistatue en Radikale Redenars nasionale kompetisies. Foto: Hoërskool Parys Facebook-blad
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.