![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/10/IMG-20211018-WA0024-780x470.jpg)
Vivienne van der Schyff, ‘n leerder aan Parys Primêre skool, het die uitmuntende prestasie behaal deur as nasionale wenner vir graad 6 bekroon te word vir vanjaar se Radikale Redenaars-kompetisie. Hierbenewens behaal sy ‘n 4de plek nasionaal vir graad 6, en Henk Small ‘n 8ste plek nasionaal vir graad 7, by die Artistatue Redenaars-kompetisie vir voorbereide redenaars. Henk is ook ‘n leerder aan Parys Primêr.
Diaan Brink en Megan Daniel het in die Afrikaans voorbereide afdeling vir graad 10-leerders aan die nasionale Artistatue-Redenaars-kompetisie deelgeneem waar Megan ‘n skitterende derde plek nasionaal, en Diaan ‘n 5de plek nasionaal behaal het. By die nasionale Radikale Redenaars-kompetisie vir Afrikaans Lees graad 10 leerders, het Diaan ‘n sesde plek in die land behaal. Albei is leerders van Hoërskool Parys.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/10/IMG-20211018-WA0024.jpg)
Diaan Brink en Megan Daniel wat met skitter uitslae gespog het na afloop van die Artistatue en Radikale Redenars nasionale kompetisies. Foto: Hoërskool Parys Facebook-blad