Die Sedibeng C-span wat uit meerderheid Parys-spelers bestaan het, het hul wedstryd 28-4 teen Gauteng-Noord gewen. Die span is voor van links: Anya Siragopoulos, Liné vd Merwe, Monya en Paula Siragopoulos en Arno Hattingh (almal van Parys). Agter is Adriaan Lewies (Parys), Hein van der Lith (Parke) en Christo Wolfaard (Parke). Foto: Verskaf.
Die Sedibeng-ringtennisspanne, waarvan verskeie Parysenaars deel was, het Saterdag in ‘n provinsiale liga teen die span van Gauteng-Noord kragte gemeet in Pretoria.
Die uitslae was as volg: A span verloor 14 – 18
B span verloor 14 – 18
C span wen 28 – 4
Belangstellendes is welkom om Dinsdae en Donderdae saam met Parys-ringtennisklublede te kom speel in die kerksaal van die NG gemeente Parys-Oos. Spel begin om 17:00.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.