Sport
Parysenaars bring hul kant vir ’n wen vir Sedibeng
Parysenaars bring hul kant vir ’n wen vir Sedibeng
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/10/IMG-20211016-WA0012-780x470.jpg)
Die Sedibeng-ringtennisspanne, waarvan verskeie Parysenaars deel was, het Saterdag in ‘n provinsiale liga teen die span van Gauteng-Noord kragte gemeet in Pretoria.
Die uitslae was as volg:
A span verloor 14 – 18
B span verloor 14 – 18
C span wen 28 – 4
Belangstellendes is welkom om Dinsdae en Donderdae saam met Parys-ringtennisklublede te kom speel in die kerksaal van die NG gemeente Parys-Oos. Spel begin om 17:00.