Bloedvoorraad bly kritiek laag waarsku die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens. Daarom is ‘n beroep op alle bloedskenkers in Parys gedoen om die mobiele skenkerskliniek in die dorp te ondersteun op Donderdag 28 Oktober van 12:00-18:00 in die Hervormde kerksaal (h/v Loop- en Paulsenstraat, Parys). Die doelwit vir die dag is 50 eenhede bloed. ’n Beroep word veral op alle skenkers gedoen wat nie die afgelope maande geskenk het nie, om te gaan skenk, sowel as nuwe skenkers wat aan die minimum vereistes voldoen om ‘n bloedskenker te wees.
Om te kan skenk moet jy: * Tussen die ouderdom van 16 en 75 wees * Minstens 50kg of meer weeg. * Goeie gesondheid geniet * ’n Veilige leefstyl lei
You can read the full story on our App. Download it here.