News

Kom kyk saam na voëls uit jou omgewing

Voëlklublede kan weer saamkuier

Feathers-voëlklublede het die laaste keer in Oktober 2020 bymekaar gekom, maar met vlak 1 inperkingsregulasies is die goeie nuus dat die klub nou weer hul maandelikse byeenkomste by die Sally Martin Park saal kan hervat.

Die gebruik van die saal is egter steeds onderhewig aan die nakoming van alle Covid-protokol, en aangesien veilige afstand gehandhaaf moet word, sal slegs 30 mense by die byeenkomste toegelaat word. Dit word egter nie as ‘n probleem gesien nie. Almal wat belangstel in die Suid Afrikaanse voëlskat, word daarom vriendelik uitgenooi na Feathers se eerste byeenkoms op Donderdag, 28 Oktober om 18:30 by Sally Martin Park. By dié geleentheid sal lede kom wys watter voëls hulle die afgelope maande gesien en afgeneem het. Bring jou koffiebeker saam. Fanie en Tertia van Crater Coffees sal sorg dat daar lekker koffie is.

Uitstappie:

Op Saterdag, 30 Oktober besoek die Voëlklub Rietpoort Cottage & Kliphuis van Gert Prinsloo (https://rietpoortcottage.com/). Dit is ongeveer 4 kilometer buite die dorp en belangstellendes vertrek om 06:30 vanaf die Pick ’n Pay-parkeerterrein. Die voëlklub het die plaas al ‘n paar keer besoek en het al 91 voëlspesies daar aangeteken. Bring jou verkyker, piekniekmandjie, ‘n stoel en jou masker saam. Vir navrae oor die Feathers-klub kan Hansie Bekker by 056 811 4754 of 082 820 4306), of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.  

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button