News

Blik-skud maak groot verskil vir DBV-nood

Blik-skud maak groot verskil vir DBV-nood

 

Drie jong dames van Parys, Anja Bornman, Nianel du Toit en Minke Truter het danksy die inisiatief van Diane Snyman, verlede Saterdag hul tyd opgeoffer om ten spyte van die warm son, ‘n ongelooflike R6 000 vir die plaaslike DBV in te samel met ‘n blik-skud in die dorp se hoofstraat. Hiermee is broodnodige fondse vir dié organisasie ingesamel. Lulu in haar fraai Tutu het saam met die meisies ook haar kant gebring en motoriste se harte vermurwe om die hande nog dieper in die sak te steek vir die DBV. Dankie aan elkeen wat gestop het om ‘n bydrae te gee.  

Diane Snyman (links) saam met Anja Bornman, Nianel du Toit en Minke Truter. By hulle is Lulu wat ook haar kant gebring het vir die blik-skud. Foto: Verskaf

 

Related Articles

Back to top button