NewsNews

Nuwe parkrun roete, ‘venue’ vind groot byval

Was jy daar vanoggend?

Vanoggend se Egweni River Lodge parkrun in Parys het weer soos verlede week ‘n baie suksesvolle parkrun gehad met heelwat deelnemers wat die heerlike sonskynweer vroegoggend kom geniet het vir die 5km stap/draf roete. Vanoggend het 77 parkrunners deelgeneem.

Die plaaslike parkrun is verlede week geopen deur Comrades legende en hoof van parkrun SA, Bruce Fordyce wat self toe ook dié parkrun saam met sy vrou, Gill, voltooi het.

‘n Rekordgetal van 142 parkrunners het die opening bygewoon.  

 

 

 

 

 

 

 

   

 

 

 

 

 

Dié foto’s van vanoggend se parkrun is geneem deur Annemarie Ferreira.  

Vir parkrunners is die opening van ‘n plaaslike parkrun iets waarna vir  maande lank baie uitgesien is nadat inperking dié baie gewilde Saterdagoggend tydverdryf skielik laat halt roep het.

Onthou daar is altyd parkrun vrywilligers nodig en as jy nie self kans sien om deel te neem nie, kan jy kom hand bysit as vrywilliger, of as jy self ‘n deelnemer is kan jy oorweeg om vir elke 10de parkrun wat jy voltooi, ‘n vrywilliger vir 1 parkrun te wees. parkrun bied nie net ‘n groot toerisme inspuiting vir die dorp met talle parkrun-toeriste wat die dorp besoek nie, maar help ook om die rivieroewer skoon te hou, met vrywilligers en parkrunners wat self sorg dat die roete elke week skoongehou word. Boonop geniet baie parkrunners die nuwe ‘venue’ terdeë en word daar nog ‘n bietjie gesit en gekuier na die 5km voltooi is. Onthou enigeen kan aan parkrun deelneem – oud of jonk, fiks of onfiks, met jou honde aan ‘n leiband of die kinders in stootkarretjies. Enigeen is welkom.

Kom geniet die buitelug. Wees dankbaar vir jou gesondheid en wie weet dalk maak jy sommer ‘n paar nuwe vriende langs die roete.  

Die Egweni River Lodge parkrun motorwag getrou op sy pos elke Saterdagoggend om te kyk na parkrunners se motors. Daar is volop parkering binne die terrein beskikbaar sodat daar maklik ‘n ogie oor die motors gehou kan word.

     

Related Articles

Back to top button