Photo GalleriesSport
Rolbalklub se gemengde pare wenners gekroon
Rolbalklub se gemengde pare wenners gekroon

Parys-rolbalklub se nuwe bestuur is Frans van Niekerk (president), Dries de Jager (visepresident/sekretaris), Ronell du Preez (tesourier), Trevor Wright (baanmeester/kompetisie sekretaris), Colin Vague (kompetisie sekretaris), Judy van Rooyen (addisionele lid) en Dries Delport (addisionele lid). Die nuwe seisoen het afgeskop met die speel van die gekose gemengde pare-kampioenskappe. Die spanne van twee seksie wenners, Dicky van der Merwe/Toets van der Westhuizen en Dries de Jager /Madelyn Venter het in die finaal kragte gemeet, met Dicky en Toets wat as wenners uit die stryd getree het. Dries en Madelyn was naaswenners in die stryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



